top of page
Search

Nooiensvlug

Writer: MaridaMarida

Updated: Apr 17, 2019

Mens begin ’n blog wanneer jy kalm en rustig is. Dan maak jy lysies van al jou gunsteling Afrikaanse woorde soos vlinder, vonkel, sterrereën of wanderlust. Jy staar lank genoeg na die woorde sodat daar later ’n titel in jou gedagtes begin vorm aanneem. Iets wat met die eerste oogopslag vir mense sal verduidelik wat jou hartsdinge is… die dinge wat jou kinderlik opgewonde maak.

’n sonsondergang in Afrika

kos waarna jy net wil kyk, want dis te mooi om te eet

boeke, want jy is ’n kompulsiewe leser

onbekende plekke

vreemde lande waar jy nog nooit was nie

’n foto

En ook dat jy op vyftig weer wil begin oefen om te skryf. Dat jy doodbang is, want jou vaardighede is erg verroes. Wat as jy nie goed genoeg is nie? Maar mens leer by jou kinders. Fools rush in… jou kinders maak foute, maar hou aan en raak beter. Dan kan jy seker ook. So jy besluit om ’n blog te begin. Skryf oor goed waarvan jy weet. Neem meer foto’s. Vertel van julle gesin se avonture deur Afrika, al die resepte wat jy soms uit nood uit saamflans, die restaurante waar die kos jou asem in jou keel laat stol. Waar jy net jou kamera wil gryp om vir almal te wys dat kuns nie net teen kunsgalerye se mure hang nie. Skryf oor die dinge wat jou lewe kom deurmekaar krap. Wanneer jy alles in jou lewe netjies in boksies georden het, maar die inhoud van die boksies val uit en jy weet nie waar om te keer en waar om te los nie.

Soos nou, toe die laaier van die skootrekenaar tussen neus en ore verdwyn. Jou kind het dringend ’n ander een nodig, want daarsonder kan hy mos nie werk nie. Julle soek en soek. Hy beloof jou hand en mond dat dit nie op een van die gewone plekke is nie. Jy vra drie keer en gee dan baie geld uit aan ‘n nuwe een. Net om dadelik daarna die verlore laaier in die studeerkamer aan te tref. Al die geld in die water. In die woedende oomblik daarna spring die woorde op in jou gedagtes.

Vonkel en Vlieg

Soms staan dit vir ‘Drink vonkelwyn en vier die lewe’ en soms staan dit vir ‘Vlieg net in jou moer’!

 
 
 

Recent Posts

See All

Carmen

Die son skyn warm toe ons uit die kerk kom. ’n Luilekker herfsdag strek voor ons uit. Op pad winkel toe loer ek vinnig na my selfoon en...

Comments


Volgende in Vonkel en Vlieg :

         Die brood is op!

  • Marida van Schalkwyk
  • born2bviolet

@2019 deur VonkelEnVlieg

bottom of page